DIE HUWELIK

Mobirise Website Builder
HIERONDER IS ‘N STORIE VAN ‘N MAN WAT ONTROU WAS AAN SY VROU. NADAT EK HIERDIE STORIE GELEES HET, HET DIE VOLGENDE GEDAGTE BY MY OPGRKOM, “TE LAAT, HELAAS, TE LAAT”.

Toe ek daardie aand by die huis aankom, was my vrou besig om aandete te bedien, ek het haar hand geneem en vir haar gesê, ek het iets wat ek vir jou wil sê. Sy het gaan sit en in stilte begin om te eet. Ek het weereens die seer in haar oë waargeneem. Ek het skielik nie geweet hoe om my mond oop te maak nie, maar ek moes haar laat weet wat in my gedagtes aangaan. Ek wil ‘n egskeiding hê. Ek opper die onderwerp so kalm moontlik. Dit het nie voorgekom of my woode haar ontstel het nie, sy het net met ‘n sagte stem gevra, Hoekom? Ek het haar vraag ontwyk. Dit het haar kwaad gemaak. Sy het die eetstokkies, weermee sy besig was om te eet, eenkant toe gegooi en vir my geskree, Jy’s nie ‘n man nie! Daardie aand, het ons nie weer met mekaar gepraat nie. Sy het baie gehuil. Ek weet sy wou uitvind wat met ons huwelik gebeur het, maar ek kon beswaarlik vir haar ‘n bevredigende antwoord gee; ek het haar nie meer lief gehad nie, Jane was nou die vrou in my lewe. Ek het my vrou net bejammer. Met ‘n diepe skuldgevoel, het ek ‘n skeibrief begin opstel, waarin ek stipuleer dat sy, ons huis, ons motor en 30% van my maatskappy in besit kan neem. Sy het vlugtig daarna gekyk en toe in klein stukkies opgeskeur. Die vrou met wie ek tien jaar van my lewe gedeel het, het ‘n vreemdeling geword. Ek het jammer gevoel vir die vemorste tyd, hulpbronne en energie, maar ek kon nie terugneem wat ek gesê het nie, omdat ek so innig lief is vir Jane. Uiteindelik het sy voor my hardop begin huil, iets wat ek lankal verwag het, vir my was haar gehuil meer ‘n soort van uitlaat. Die idee van ‘n egskeiding, wat vir ‘n paar weke ‘n opsessie by my was, het nou meer duidelik en ‘n realiteit geword. Die volgende dag het ek baie laat die aand by die huis gekom en my vrou aangetref waar sy iets by die skryftafel in die slaapkamer sit en skryf. Ek het nie aandete genuttig nie, ek het dadelik bed toe gegaan en dadelik aan die slaap geraak, aangesien ek en Jane ‘n gebeurtenisvolle dag gehad het. Toe ek gedurende die nag wakker word, was sy nog steeds besig om te skryf, ek het my nie verder daaraan gesteur nie, ek het net omgedraai en weer aan die slaap geraak. Die volgende oggend het sy haar egskeiding voorwaardes vir my gegee: sy wil niks van my hê nie, maar sy het ‘n maand se kennisgewing nodig voor die egskeiding. Sy versoek egter dat, gedurende daardie maand hulle albei so ‘n normaal moontlike lewe sal handhaaf. Haar redes was eenvoudig: hulle seun was besig met eksamen gedurende die betrokke maand en sy wil hom nie ontwrig met hulle gebroke huwelik nie. Dit was aanvaarbaar vir my. Maar daar was nog iets, sy vra my of ek kan onthou hoe ek haar in ons bruidskamer ingedra het op hulle troudag. Haar versoek is, dat ek haar gedurende die maand haar elke oggend uit ons slaapkamer sal dra na die voordeur. Ek het by myself gedink, sy is besig om kranksinnig te word. Om die laaste dae wat ons bemekaar sal wees, meer draaglik te maak, het ek die snaakse versoek aanvaar. Ek het Jane van my vrou se egskeiding voorwaardes vertel. Sy het hardop gelag en gesê dit is belaglik en het minagtend gesê dit maak nie saak met watter truuks my vrou vorendag kom nie, sy sal die egskeiding moet aanvaar. Sedert ek vir my vrou gesê het van my voorneme om te skei, het ons nie liggaamlike kontak gehad nie, so toe ek haar die eerste dag uit die slaapkamer dra, het ons albei bietjie onbeholpe en lomp voorgekom. Ons seun het agter ons aan gestap, sy hande geklap en opgewonde gesê, pappa hou mamma in sy arms. Sy woorde het ‘n pynlike sensasie in my binneste veroorsaak. Vanaf die slaapkamer tot by die sitkamer en toe na die voordeur, meer as tien meter, het ek met haar in my arms geloop. Sy het haar oë toegemaak en saggies gesê; moet asseblief nie vir ons seun van die egskeiding vertel nie. Ek het ietwat ontsteld gevoel, maar my kop bevestigend geknik. Ek het haar buite die voordeur neergesit, en sy het na die bushalte gestap om die bus te haal na haar werk. Ek het na my kantoor gery. Die tweede dag, was ons altwee meer gemaklik toe ek haar na die voordeur gedra het. Sy het teen my bors geleun en kon die geur van haar bloes reuk. Ek het meteens besef dat ek in ‘n baie lang tyd nie noukeurig na hierdie vrou gekyk het nie. Ek het besef dat sy nie meer so jonk is nie. Daar was fyn plooitjies op haar gesig en haar hare was besig om grys te word! Ons huwelik het sy merk op haar gelaat en vir ‘n oomblik het ek gewonder wat ek aan haar gedoen het. Die vierde dag, toe ek haar optel, het ‘n intieme gevoel na my teruggekeer, hierdie was die vrou wat tien jaar van haar lewe aan my gegee het. Die vyvde en sesde dae, het ons besef dat die intieme gevoel tussen ons weer besig is om te groei. Ek het nie vir Jane hiervan vertel nie. Dit het makliker geword om haar te dra soos die dae van die maand verby gegaan het. Miskien, het ek gedink, het die daaglikse oefening my sterker gemaak. Een oggend was sy besig om te besluit wat om aan te trek, en het al ‘n hele paar rokke aangepas maar kon nie ‘n geskikte een kry nie. Sy het gesug en gesê, al my rokke is te groot. Skielik het ek besef dat sy baie maer geword het, dit was die rede dat ek haar so maklik kon dra. Skielik het dit my soos ‘n hammer getref, sy het al die pyn en bitterheid in haar hart begrawe, onbewustelik steek ek my hand uit en streel haar kop. Op daardie oomblik kom ons seun in en sê, Pappa dit is tyd om mamma uit te dra. Vir ons seun, was dit ‘n belangrike deel van sy lewe om te sien hoe sy pappa sy mamma van die kamer na die voordeur dra. My vrou het ons seun nadergewink en hom styf teen haar vasgedruk. Ek het my gesig weggedraai, omdat ek bang was ek gaan op die nippertjie van plan verander. Toe tel ek haar in my arms op en loop vanaf die slaapkamer, deur die sitkamer, tot in die protaal. Haar hand was sag en natuurlik om my nek en ek hou haar liggaam styf vas, dit was net soos die dag van ons huwelik, maar die aansienlik ligter gewig in my arms, het my treurig laat voel. Die laaste dag het aangebreek, en toe ek haar in my arms hou, kon ek nie ‘n tree beweeg nie. Ons seun was reeds skool toe. Ek het haar styf vasgehou en gesê, ek het nie besef daar is ‘n gebrek aan intimiteit in ons lewe nie. Ek het werktoe gery, uit die voertuig gespring sonder om die voertuig te sluit, ek was bang enige oponthoud sal veroorsaak dat ek van plan verander. Ek loop met die trappe op en klop aan die deur, Jane maak die deur oop en ek sê vir haar, Jammer, Jane, ek gaan nie meer voort met die egskeiding nie. Sy kyk na my in ongeloof, dan steek sy haar hand uit en plaas dit op my voorkop, en sê, Het jy koors? Ek neem haar hand weg van my voorkop en sê, Ek het gesê, jammer, Jane, ek gaan nie meer voort met die egskeiding nie. My huwelikslewe was heelmoontlik vervelig omdat my vrou en ek nie die waarde van die klein dingetjies in ons lewens waardeer het nie, nie omdat ons nie vir mekaar lief is nie. Ek besef nou dat sedert ek haar op ons troudag in my huis ingedra het, ek veronderstel was om by haar te bly tot die dood ons skei. Dit lyk of Jane skielik wakker geskrik het, sy gee my ‘n harde klap, slaan die deur in my gesig toe en begin hardop huil. Ek loop met die trappe af, klim in my motor en ry tot by die eerste blommewinkel en kry ‘n bos blomme vir my vrou. Die dametjie agter die toonbank vra of ek iets in die kaartjie wil skryf, ek glimlag, neem die kaartjie, en skryf, Ek sal jou elke oggend uitdra tot die dood ons skei. Daardie aand toe ek by die huis kom, blomme in die hand, ‘n glimlag op die gesig, het ek die trappe opgehardloop, net om my vrou in die bed te sien lê - DOOD.

My vrou het vir maande ‘n stryd teen KANKER gevoer, ALLEEN, terwyl ek te besig was met Jane om dit op te merk. Sy het geweet sy sou binnekort sterf en wou my negatiewe reaksie van ons seun spaar, indien ons sou voortgaan met die egskeiding. Ten minste sal ek, in die oë van ons seun, ‘n liefdevolle eggenoot wees. Die klein dingetjies in mense se lewens, is wat regtig saakmaak in ‘n verhouding. Dit is nie die groot wonings, blink motors, eiendomme of hope geld in die bank nie. Hierdie dinge skep ‘n milieu wat bevorderlik is vir geluk, maar hulself kan nie geluk gee nie. So, ruim tyd in om jou eggenoot se vriend te wees en doen daardie klein dingetjies vir mekaar wat intimiteit opbou.

Ek wens jou ‘n werklik gelukkige huwelik toe.

free simple website templates
ADRES

Lichtenburg 2740
Noordwes Provinsie
Suid Afrika

ADDRESS

Lichtenburg 2740
North West Province
South Africa

SKAKELS | LINKS
KONTAK MY | CONTACT ME

Email: grove.joubert.ltx@gmail.com



               |   SITEMAP   |