RAPPORTEER asseblief enige skakels in hierdie webtuiste wat nie werk nie.
SKAKELS NA ANDER WEBTUISTES WAARIN JY MAG BELANGSTEL
●
●
Please REPORT any broken links in this website
LINKS TO OTHER WEBSITES YOU MAY BE INTERESTED IN
●
●
Jesus loves you, always has... always will.
Jesus het jou lief, het jou nog altyd lief gehad... sal jou altyd liefhê.
I hope you will also experience GOD’s Endless Love and Peace
Ek hoop dat jy ook GOD se Eindelose Liefde en Vrede sal ervaar
All Internet sites operating within .zaDNA (Domain Name Authority) top level domain name, must have a landing page with a visible link to www.sacoronavirus.co.za
(Government Gazette, Republic of South Africa, Vol. 657, 26 March 2020, No.43164, Page 6 – 5.1.4)
Copyright © 2008 - Background 4 Jesus Kopiereg © 2008 - Background 4 Jesus “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal
liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars,
ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik,
kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos,
verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat 'n gedaante
van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie
mense af. Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem
wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word, wat altyd
leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie. En net soos Jannes en
Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense
verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof. Maar hulle sal
nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos
ook dié van daardie manne geword het.” Wanneer 'n mens die gedeelte hierbo in die Bybel lees en dan kyk na dit wat in die
media uitgebeeld word, van wat in die wêreld aangaan en kyk wat in ons eie stede
en dorpe gebeur, asook na die optrede van die mense om ons, dan kom mens agter daar
is nie meer liefde nie, behalwe as ons geld of publisiteit kan verkry deur ‘n sogenaamde
goeie daad van liefde sodat ons deur mense raakgesien en geprys kan word, of sodat
ons die sogenaamde goeie daad van liefde aan ander kan verkondig om ons eie-ek te
voed. ‘n Mens se lewe is deesdae minder werd as ‘n selfoon, pasgebore babatjies
word in rioolpype, asblikke of stortings terreine gegooi, ou mense, wat hulle nie
regtig meer self kan verdedig nie, word deur lafhartige gewapende bendes van ses
of meer aangeval, erg aangerand, verkrag of vermoor. Mense se geld het hulle god
geword en hulle tjekboeke, bankboeke en kreditkaarte is hulle bybel. My beskeie mening
is dat ons leef nou in die laaste dae, die groot verdrukking is baie baie naby. Ons wat Jesus aangeneem het as Verlosser en Saligmaker en sodoende gered is, is opgewonde
wanneer ons hierdie tekens sien, want ons weet ons Verlosser Jesus Christus se wederkoms
is naby en ons sal dan tot in EWIGHEID by Hom wees, maar ons is ook hartseer vir
die baie mense wat nog in sonde lewe en nog nie Jesus aangeneem het as hulle Verlosser
en Saligmaker nie. Hierdie arme mense is velore en die dag wanneer Jesus op die
wolke kom om sy kinders te kom haal, sal hierdie arme verlore mense in die poel van
vuur gewerp word, wat vir satan en sy dissipels voorberei is, hulle sal tot in EWIGHEID
in die poel van vuur brand. DIT IS JOU KEUSE. Ewig by Jesus waar geen swaarkry, dood, siekte of trane meer sal wees nie OF Ewig in die poel van vuur waar jy nie sal sterf nie, net in die vuur brand tot in
EWIGHEID, en DAAR SAL ‘n geween en gekners van tande wees. EK SMEEK JOU, MAAK ASSEBLIEF DIE REGTE KEUSE, EN DOEN DIT GOU, DIE UURGLAS IS BESIG OM LEEG TE LOOP, JESUS CHRISTUS SE WEDERKOMS IS BAIE NABY ! PASOP, MY VRIEND, MOET TOG NIE WAG TOT DIT TE LAAT IS NIE, SOOS DIE RYK MAN WAARVAN
ONS LEES IN LUKAS 16:19-31:- “En daar was ‘n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en
weelderig gelewe. En daar was ‘n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere
voor sy poort gelê het. En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat
van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek. En
toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.
En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef,
terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. En
hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt
van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie
vlam. Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang
het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. En
by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan
wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.
En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur—want ek het vyf
broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging
kom nie. Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié
luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle
gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete
nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.” Jy weet, elke keer wanneer ek die stuk hierbo lees, word ek so hartseer, ek voel
om in trane uit te bars, om te dink hierdie ryk man is besig om smart en pyn te verduur
in die vlam, maar hy kyk steeds neer op Lasarus en sien Lasarus as sy slaaf, hy vra
Abraham om Lasarus te stuur om sy tong te verkoel met water en Abraham moet vir Lasarus
stuur om sy vyf broers te gaan waarsku. Dit is so teleurstellend, maar my vriend kom ons wees maar eerlik met mekaar, dit
is wat gebeur wanneer mense se wêreldse goed en rykdom hulle ‘n valse sin van sekuriteit
gee, ‘n groot ego en in hulle eie oë sien hulle hulself as vreeslik belangrik, toegegee
nie almal van hulle nie, maar die groot meerderheid. Moet nie 'n Sondag heilige en res van die week sondaar wees nie. Dit behoort nie 'n verleentheid te wees om aan mense te erken dat jy 'n Wedergebore
Christen is nie, 'n ware Wedergebore Christen is trots op sy Christenskap en hy word
gedryf deur die Gees om die Woord van God met blydskap en opgewondenheid aan die
wêreld te verkondig. Onthou altyd Jesus se Woorde in die Bybel, Matthéüs 10:32-33: "Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor My Vader wat
in die hemele is. Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek verloën voor
My Vader wat in die hemele is." Iets om oor na te dink: Gaan lees JESUS se gebed soos opgeteken opgeteken in Matthéüs 6:9-13 & ander... Lees die verhaal van ‘n man se huwelik en sy ontrouheid aan sy vrou... Nadat jy JESUS in jou hart geneem en jou lewe aan HOM gegee het, het daar... Hier is die Tien Gebooie soos opgeteken in Exodus 20:1-17... SELFSUGTIGHEID Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen
die waarheid nie. Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik,
duiwels; want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik,
vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. (Jakobus 3:14-17) SELFSUG… Ek is lief vir my, myself en ek. As die mond oopgaan hoor mens net, ek, ek, ek, gee vir my, gee vir my. TREURIGE TOESTAND. GOD SE GROOT LIEFDE VIR DIE WÊRELD… Want so lief het GOD die wêreld gehad, dat HY SY eniggebore SEUN gegee het, sodat
elkeen wat in HOM glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want
GOD het SY SEUN in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat
die wêreld deur HOM gered kan word. (Johannes 3:16 & 17) GELOOF & DIE VEROORDELING… Hy wat in HOM glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel
omdat hy nie geglo het in die NAAM van die eniggebore SEUN van GOD nie. (Johannes 3:18)
2 Timóteüs 3:1-9
SKAKELS NA BLADSYE IN HIERDIE WEBTUISTE
TUISBLAD
Terug na Bo